Herinneringe — ROEPSTEM

Herinneringe — ROEPSTEM

Herinneringe is a nostalgic Afrikaans family-memory song, born from a small moment while watering the garden.

The song moves between two remembered places: ouma se kombuis and oupa se tuin. Coffee, rusks, warm bread, konfyt, karringmelk, kaneel, braaivleis, roosterbroodjies, smoke from the fire, and stories around the table all become little doorways into the past.

But beneath the warmth is something deeper. Family memories are never only about food and laughter. They also carry the old stories: hardship, survival, loss, endurance, and the people who came before us. The line “en helde van die verlate velde” reaches back into those family histories that were passed down quietly, not as slogans, but as memory.

This is not a song about grand statements. It is about belonging. About the smell of smoke and anys. About hands that could comfort without words. About the way memory can suddenly make the world small again.

Because with family, you know where you stand.

Title: Herinneringe
Artist: ROEPSTEM
Language: Afrikaans
English meaning: Memories

Lyrics and concept: Mark van Jaarsveld / **ROEPSTEM**

ROEPSTEM brings together Afrikaans lyricism, cinematic atmosphere, and intimate emotional storytelling in a song that honours mature love, memory, and devotion.



Lyrics and composition by Mark van Jaarsveld
Music and vocal performance generated using AI-assisted production tools
Cover art: Herinneringe by Mark van Jaarsveld
© 2026 Mark van Jaarsveld

[Intro]
Daar’s ’n plek in jou hart (Daar’s ’n plek in jou hart)
Daar’s ’n plek in jou hart (Daar’s ’n plek in jou hart)

[Vers 1]
Koffie en biskuit
warm brood met konfyt
in ouma se kombuis
sing die ketel altyd sag
soos die windjie om die huis

Karringmelk en kaneel
en ’n spoor van aneis
om ’n tafel vol stories
voel almal altyd tuis

[Voor-Koor]
En die lig val deur die venster
soos dit altyd vroeër was
op hande wat kon troos
sonder woorde, sonder haas

[Koor]
Herinneringe – aan tyd wat vergaan
aan mense wat bly
al is hulle lankal gedaan

Daar’s ’n plek in jou hart (Daar’s ’n plek in jou hart)

waar die ou dae bly bestaan
want met familie
weet jy waar jy staan

[Vers 2]
Kuier in oupa se tuin
met die rook van die vuur
braaivleis op die tafel
roosterbroodjies, wors en tjops
en slaai uit ouma se kombuis
hier voel almal altyd tuis

Later, verhale van die verlede
en helde van die verlate velde

Hy lag met sy glasie
net so skuins in sy hand
altyd tyd vir brandewyn
en praat oor die land

[Voor-Koor]
En die kinders hardloop kaalvoet
deur die skadu van die bome
terwyl die grootmense onthou
van verlore dae en drome

[Koor]
Herinneringe – aan tyd wat vergaan
aan mense wat bly
al is hulle lankal gedaan

Daar’s ’n plek in jou hart (Daar’s ’n plek in jou hart)

waar die ou dae bly bestaan
want met familie
weet jy waar jy staan

[Brug]
Nou jare later water ek my boord
en die middag word weer stil
êrens ruik ek rook en aneis
en voel ek dadelik weer tuis

’n Stem uit die kombuis
’n lag uit die tuin
en die wêreld word weer klein
tussen perske, appelkoos en pruim

[Laaste Koor]
Herinneringe – aan tyd wat vergaan
aan liefde wat bly
soos kole wat aanhou bestaan

Daar’s ’n vuur in jou bloed
en ’n naam in jou hand
Daar’s ’n vuur in jou bloed
en ’n naam in jou hand

want met familie
weet jy waar jy staan

[Outro – Fading]
Herinneringe – aan tyd wat vergaan
(Herinneringe – aan tyd wat vergaan)
Herinneringe – aan tyd wat vergaan
(Herinneringe – aan tyd wat vergaan)

Bookmark the permalink.

Comments are closed.